|
|
|


Download
die RSG ad wat Januarie 2004 op was. (610k)
|
|
Nuus!Nuus!Nuus!Nuus!Nuus!
Varke,
Marbles {en ander verlore goed} is Kristoe se eerste uitreiking
in Pretoria wat onlangs by die Centurion Teater vrygestel is. Al die kaartjies
was lank voor die vertoning al uitverkoop!!. Ongelukkig het probleme met
die klank die gladde verloop van die vertoning effe gepootjie, maar lees
hieronder wat die wat daar was geskryf het:
Katvrou
skryf op LITNET:
"..Om ’n onbekende
CD te luister en dadelik daaraan vas te groei, gebeur minder gereeld.
Maar sodra jy die musiek voor jou sien gebeur, kry daai plat blink skyf
altemit sy tweede wind.
Ek het gedink ek ken Kristoe
Strauss se liedjies. En so sit ek toe heel gemaklik die pot mis. Die CD
is net die resep. Op die verhoog wys Kristoe se lyftaal en oopbek-gesels
met kaal voete en kitaar op die heup vir jou hoe naby hy eintlik aan sy
musiek is. Wat hy nou eintlik bedoel met die vreemde titel Varke, Marbles
en Ander Verlore Goed. Maar, maar, maar. Die man is nie alleen nie...."
Lees meer hier:
http://www.litnet.co.za/senet/senet.asp?id=18801
|
|
RESENSIES
van die CD en optredes
Katvrou
skryf op Litnet oor haar indrukke van Oppikoppi:
-
“Die paadjie boontoe raak nou half vallerig in die donker. Minstens
is daar genoeg tyd om te hoor dat Kristoe glad nie bang is om te sing
en sy sê te sê nie. Hy gooi wyd met ritme, melodie en ’n
groot skeut folk-rock wat algar in die halfdonker laat hoor.”
JIP se Chutney de Ridder het dit oor die CD te skrywe:
- Luisterbare
akoestiese deuntjies met 'n terloopse beat , hier en daar 'n skeut ballade,
'n knippie pop-rock, selfs 'n lekseltjie blues . . . Kristoe se sterk
stem is gemaklik op die oor. Die
temas is uiteenlopend (vandaar ook die vreemderige titel). Dinge wat
Kristoe aan die skryf sit, is die liefde, vreugde, verlies, hartseer
en die dood. Persoonlike goed dus -- juis die rede hoekom sy lirieke
meer om die lyf het as die gewone braaksel wat so baie nuwe Afrikaanse
kunstenaars aan ons opdis. Die
invloed op sy lirieke en musiek is duidelik -- Koos Kombuis word genoem
as sy mentor en hy bedank hom ook op die CD-omslag vir sy "maaikieskap".
Maar dis nie 'n "klinksoos-Koos" dié nie, allermins.
Kristoe
se eerlike Afrikaanse deuntjies (soms met 'n knoop of twee, so wees
gewaarsku), is baie verteerbaar.
Elise
Tempelhoff skryf in die
KRIT en Die Burger op 1 April 2003 by die KKNK in Oudshoorn:
- ".....
Kristoe se songs en sy mooi stem. En
die issues waaroor hy sing: liefde, die moorddadige optrede van multinasionale
maatskappe teenoor gewone mense, uitlanders
wat ons natuurskatte plunder en aan ons kinders dwelms verkoop. Dis
goed dat hy sy debuut saam met jou (Koos Kombuis) gemaak het........."
Anna
Davel resenseer die CD in Rooi Rose van 2003:
- ..
Kristoe se liedjies is gestroop en handel oor liefde, vriende en dinge
na aan hom. Hoewel hy nog nie wyd bekend is nie, het hy 'n uitsonderlike
klank, en dis veral lekker om hom op die verhoog dop te hou. Die kreatiewe
verpakking van die CD (Go, Pietrich!) tref dadelik die oog en se dat
dinge bietjie anders gebeur in die man se kop.....Luister
veral na sit dit self af, die liedjie wat
hy vir Johannes Kerkorrel geskryf het.
|