Download die RSG ad wat Januarie 2004 op was. (610k)

 

  Nuus!Nuus!Nuus!Nuus!Nuus!

Varke, Marbles {en ander verlore goed} is Kristoe se eerste uitreiking in Pretoria wat onlangs by die Centurion Teater vrygestel is. Al die kaartjies was lank voor die vertoning al uitverkoop!!. Ongelukkig het probleme met die klank die gladde verloop van die vertoning effe gepootjie, maar lees hieronder wat die wat daar was geskryf het:

Katvrou skryf op LITNET:

"..Om ’n onbekende CD te luister en dadelik daaraan vas te groei, gebeur minder gereeld. Maar sodra jy die musiek voor jou sien gebeur, kry daai plat blink skyf altemit sy tweede wind.

Ek het gedink ek ken Kristoe Strauss se liedjies. En so sit ek toe heel gemaklik die pot mis. Die CD is net die resep. Op die verhoog wys Kristoe se lyftaal en oopbek-gesels met kaal voete en kitaar op die heup vir jou hoe naby hy eintlik aan sy musiek is. Wat hy nou eintlik bedoel met die vreemde titel Varke, Marbles en Ander Verlore Goed. Maar, maar, maar. Die man is nie alleen nie...."

Lees meer hier:

http://www.litnet.co.za/senet/senet.asp?id=18801



 

RESENSIES van die CD en optredes

Katvrou skryf op Litnet oor haar indrukke van Oppikoppi:

  • “Die paadjie boontoe raak nou half vallerig in die donker. Minstens is daar genoeg tyd om te hoor dat Kristoe glad nie bang is om te sing en sy sê te sê nie. Hy gooi wyd met ritme, melodie en ’n groot skeut folk-rock wat algar in die halfdonker laat hoor.”

JIP se Chutney de Ridder het dit oor die CD te skrywe:

  • Luisterbare akoestiese deuntjies met 'n terloopse beat , hier en daar 'n skeut ballade, 'n knippie pop-rock, selfs 'n lekseltjie blues . . . Kristoe se sterk stem is gemaklik op die oor. Die temas is uiteenlopend (vandaar ook die vreemderige titel). Dinge wat Kristoe aan die skryf sit, is die liefde, vreugde, verlies, hartseer en die dood. Persoonlike goed dus -- juis die rede hoekom sy lirieke meer om die lyf het as die gewone braaksel wat so baie nuwe Afrikaanse kunstenaars aan ons opdis. Die invloed op sy lirieke en musiek is duidelik -- Koos Kombuis word genoem as sy mentor en hy bedank hom ook op die CD-omslag vir sy "maaikieskap". Maar dis nie 'n "klinksoos-Koos" dié nie, allermins. Kristoe se eerlike Afrikaanse deuntjies (soms met 'n knoop of twee, so wees gewaarsku), is baie verteerbaar.

Elise Tempelhoff skryf in die KRIT en Die Burger op 1 April 2003 by die KKNK in Oudshoorn:

  • "..... Kristoe se songs en sy mooi stem. En die issues waaroor hy sing: liefde, die moorddadige optrede van multinasionale maatskappe teenoor gewone mense, uitlanders wat ons natuurskatte plunder en aan ons kinders dwelms verkoop. Dis goed dat hy sy debuut saam met jou (Koos Kombuis) gemaak het........."

Anna Davel resenseer die CD in Rooi Rose van 2003:

  • .. Kristoe se liedjies is gestroop en handel oor liefde, vriende en dinge na aan hom. Hoewel hy nog nie wyd bekend is nie, het hy 'n uitsonderlike klank, en dis veral lekker om hom op die verhoog dop te hou. Die kreatiewe verpakking van die CD (Go, Pietrich!) tref dadelik die oog en se dat dinge bietjie anders gebeur in die man se kop.....Luister veral na sit dit self af, die liedjie wat hy vir Johannes Kerkorrel geskryf het.